Reviews

Message from a patient – Mon 2015/12/07 12:53 PM

“Baie dankie vir die ongelooflike ondersteuning en motivering gedurende die paar weke. Dit is ‘n baie maklike program om te volg waar mens vinnige resultate sien. Ek sal dit rerig vir enige iemand aanbeveel wat wil gewig verloor. Die shake is heerlik en smaak glad nie soos iets wat mens met ‘dieet’ sal vereenselwig nie. Die gevriesde kossies wat julle verkoop is ook baie lekker en perfek gewees vir hierdie nuwe mamma. Selfs my man het saam gesmul. Weereens baie dankie. ”

 

Message from a patient – Wed 2015/12/02 11:01 AM

“Die beste ding wat ek vir my en my gesin gedoen het op 12 Januarie 2015 was die telefoon oproep na Nu-Yu, Slender Wonder! Die eerste vier maande het ek 18kg verloor! Ek voel gesond, eet gesond, leef gesond en ‘n ekstra bonus vir die begroting, is die kruideniersware rekening wat aansienlik gedaal het! Slegs vars produkte en proteine! Baie tyd word ook gespaar met die voorbereiding van maaltye, dis ‘n plesier om kos te maak! Die personeel is uiters professioneel, bekwaam, hulpvaardig en vriendelik! Elke twee weeklikse sessie was ‘n hoogtepunt! My begeerte om gewig te verloor was primêr gemotiveer deur die feit dat my gesondheid besig was om agteruit te gaan, bv. styging in bloeddruk, effe hoë cholesterol ens. Alles is nou onder beheer en met die hulp van Slender Wonder en die span by Nu-Yu, hou ons dit so en sal ek gereeld daar ‘n besoek aflê om seker te maak ons val nie terug op ou gewoontes nie. Nogmaals dankie almal, julle het my lewe verander, ten goede!”